Boek: Jip en Janneke

Jip-en-JannekeAnnie M.G. Schmidt

Jip en Janneke is beste maats. Hulle woon langs mekaar en speel elke dag van vroeg tot laat. Saam-saam het Jip en Janneke die wonderlikste avonture. Hulle speel skool-skool, verken die solder, spring in reënplasse en hou ’n kompetisie om te sien wie die meeste pannekoeke kan eet. Hulle word selfs die eienaars van die oulikste brakkie met die naam Takkie! Partykeer is hulle lekker stout – soos wanneer hulle prentjies uit Pappa se boeke knip – en partykeer kan hulle lekker baklei. Maar oor een ding stem hulle saam: Met ’n maatjie aan die ander kant van die heining kan die lewe nooit vervelig wees nie!

Annie M.G. Schmidt se verhaaltjies oor Jip en Janneke het oorspronklik in die 1950’s in die Nederlandse koerant Het Parool verskyn, in kombinasie met Fiep Westendorp se ikoniese swart en wit illustrasies. Met verloop van tyd het dié twee karaktertjies se avonture sinoniem geword met die Nederlandse lewenswyse en word Jip en Janneke vandag as een van Nederland se mees geliefde uitvoerprodukte beskou.

Oor die outeur

Annie M.G. Scmidt is in 1911 in Kapelle, Nederland, gebore. Sy het eers in ’n biblioteek gewerk en daarna vir Het Parool, ’n Amsterdamse koerant. Haar kinderboeke is wêreldwyd bekend. In 1988 het sy die hoogste internasionale toekenning vir kinderboekskrywers, die Hans Christian Andersenprys, gekry. Die beroemde Sweedse skryfster Astrid Lindgren het dit aan haar oorhandig. Annie M.G. Schmidt het op 21 Mei 1995, die nag ná haar vier-en-tagtigste verjaardag, gesterf.

Oor die illustreerder

Sophia Maria “Fiep” Westendorp (17 Desember 1916 – 3 Februarie 2004) was ‘n Nederlandse illustreerder wat veral weens haar langtermyn samewerking met die skrywer Annie MG bekendheid verwerf het. Drie generasies van die Nederlandse mense het grootgeword met haar illustrasies. In 1997 het sy ‘n unieke toekenning vir haar oeuvre ontvang.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R295.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annemiek ·

Ek is hiermee grootgeword omdat my ma my hieruit voorgelees het. Toe my dogter 10 jaar gelede gebore is het ons die boek gekry tydens die babyshower. Heel dikwels het ek haar daar uit voorgelees en ons het albei baie pret gehad. Maar soms het ek sommer die name Jip en Janneke omgeruil want dit is wel ‘n boek uit die 50 er jare ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.