Boek: Jock van die Bosveld en ander ware dierestories

Wendy Maartens

Ontmoet ʼn paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike, ware verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; leer ken ʼn brilpikkewyn met die naam Gregory Peck en skud poot met Just Nuisance, ʼn hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories:

  1. Seeman Just Nuisance

Het jy al gehoor van ʼn hond wat lid van die vloot is? Of ʼn pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het.

  1. Visvriende Big Red en Blackie

ʼn Ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse.

  1. Jock van die Bosveld

Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het.

  1. Die ysbeer en die kietsiekat

Die merkwaardige verhaal van ʼn katjie wat op ’n dag in die ysbeerpoel by ʼn dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlik bere gered is!

  1. Gregory Peck die brilpikkewyn

Vind uit hoe ʼn brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R115,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daan Erasmus ·

Daar is geloofwaardige mense wat sê dat Jock of the Bushveld blote fiksie is. Die hond het bestaan. Maar was aan die einde van die verhaal slegs 2 jaar oud. Kon dus nie alles gedoen het wat beskryf is nie. Dit is so waar soos Rachel de Beer storie. Net ‘n storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.