Boek: ‘Jou geldsake’ – Theo Vorster

Theo Vorster

Covid-19 het die wêreldekonomie soos ’n atoombom getref. Die markte het oornag getuimel en die pandemie het groot skade aan die geldsake van individue én maatskappye aangerig.

Wat nou? Hoe hou ek kop in sulke onseker tye? In Jou geldsake gee Theo Vorster riglyne oor hoe om rasionele langtermynbesluite in moeilike omstandighede te neem. Krisistye laat baie mense moedeloos en vuisvoos, maar dit hoef nie. Met die regte kennis kan jy en jou gesin moeilike tye oorleef en finansieel aanhou floreer.

Oor die skrywer

Theo Vorster is medestigter en uitvoerende hoof van Galileo Capital. Hy is ’n gereelde markkommentator op RSG se Geldsake-program, asook ’n bekende gesig op kykNET en VIA waar hy dikwels as ontleder optree. Vorster skryf rubrieke vir Netwerk24 en is ook die aanbieder van Sake & Sauvignon.

Prys: R260,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.