Boek:  Jou voetpad na vrede

Voetpad.jpgMilanie Vosloo

God wil hê sy kinders moet deur Hom gelukkige en vervulde mense wees. Stap dan die pad na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreugde.

Jou voetpad na vrede se 366 dagstukke bespreek temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en jy kan maar net jý wees. Hierdeur sal lesers die versekering ontvang dat gelowiges weer kan probeer omdat ons onder God se vergifnismantel leef, dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oomblikke en dat ons mense met rustigheid kan wees omdat God ons lei.

Milanie se gebed vir haar lesers is dat Jou voetpad na vrede hulle sal oortuig dat God hulle nooit uit sy hand sal laat val nie en dat hulle opnuut bewus sal word van sy liefde en genade-arm om hulle.

Oor die outeur:

Milanie Vosloo verstaan die hart, siel en lewensdilemmas van vandag se vrou. Vandaar haar gewildheid as skrywer en openbare spreker. Afgesien van vrou vir haar man, Johan, en ma vir haar kinders, Marizelle en Johan, is sy ook die Besturende Direkteur van haar eie reklameagentskap, Uppe® Marketing. Hierdie suksesvolle maatskappy het al verskeie toekennings onder haar bekwame leiding ontvang. Milanie hanteer die rubriek “Siel van ’n vrou” in die tydskrif Lééf. Sy is ’n topverkoper-outeur wat al duisende vroue se lewens verander het.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R189,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.