Boek: Judaskus

Judaskus_300dpi

Rudie van Rensburg

Menslike beendere word gevind op ’n stortingsterrein, en skielik moet speurder Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede. Gou begin die moorde vinnig op mekaar kom, en tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie se kop aan die swymel het én die enorme posseël-meevaller wat oor sy pad kom weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende skynbaar besig is om sigself uit te roei.

Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos sy kollegas glo nie? Wie kan die verraaier − met die vlymskerp broodmes − in hul midde wees?

Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .

Oor die outeur:
Rudie van Rensburg is in 1951 in Bloemfontein gebore. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad, waarna hy in 1982 medestigter en uitgewer van Bloemnuus word, en later redakteur van Die Ekonoom-saketydskrif. In 1987 verhuis hy Kaap toe en sluit hom by Sanlam se reklame-afdeling aan.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg). Die stuk verskyn in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n self-publikasie vir kleuters, Die Doempies van Tafelberg.

Rudie skilder reeds die afgelope 25 jaar en van sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje en Australië. Hy is getroud met Lize en het drie kinders.

Klik hier om die boek te koop.
Uitgewer: Quellerie
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.