Boek: Juffrou Goth en die onfeestelike fees 2

Chris Riddell

Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie.

Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met ʼn groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!

Oor die outeur

Chris Riddell (gebore 13 April 1962 in Kaapstad) is ʼn Britse illustreerder en skrywer van kinderboeke en ʼn politieke strokiesprenttekenaar vir die Observer. Hy het drie Kate Greenaway Medaljes gewen, die Britse bibliotekarisse se jaarlikse toekenning vir die beste geïllustreerde kinderboeke. Boeke wat hy geskryf of geïllustreer het, het drie Nestlé Smarties Boekpryse gewen en was vier keer silwer of brons naaswenners. In Junie 2015 is hy aangewys as UK Children’s Laureate.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Haan ·

“die volmaanfees”… Sal die boek beslis vir my kinders koop. Saam met n ouija bord en n sakkie dolosse…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.