Boek: Juffrou Goth en die spookmuis

Chris Riddell

Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom.

Dit maak dit vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met ʼn spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom waarvan die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om ʼn stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!

Wenner van die Costa Kinderboek van die Jaar 2013.

Oor die outeur en illustreerder

Chris Riddell (gebore 13 April 1962 in Kaapstad) is ʼn Britse illustreerder en skrywer van kinderboeke en ʼn politieke strokiesprenttekenaar vir die Observer. Hy het drie Kate Greenaway-medaljes gewen, die Britse bibliotekarisse se jaarlikse toekenning vir die beste geïllustreerde kinderboeke. Boeke wat hy geskryf of geïllustreer het, het drie Nestlé Smarties-boekpryse gewen en was vier keer silwer of brons naaswenners. In Junie 2015 is hy aangewys as UK Children’s Laureate.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.