Boek: Jungu Josh en die waters van Wafu

Constant van Graan

Na die ontstellende gebeure by die viering van sy ma se terugkeer, vlug Josh van Liba af weg. Op soek na slaapplek dwaal hy en Charlie die misterieuse Geelwoud binne. Hier vind Josh tydelik geluk wanneer die kinders van die Nuwe Jerusalem hulle in hul boomdorpie laat bly. En Jandja, die tienerleier van die groep, is ʼn seun soos hy. Maar Josh weet Kalimbula brand. Hy moet iets doen. Dan is daar nog vrae: Het Njeri hom regtig verraai? En wat lê agter tannie Verona se obsessie met die Wafu-water?

Die Waters van Wafu is die laaste boek in Van Graan se Jungu Josh-trilogie. Dit volg op Jungu Josh 1: Die goue kalbas en Jungu Josh 2: Die kryger van Aboemondja. Die avontuurreeks is geskik vir tieners tussen 12 en 14 jaar.

Oor die skrywer

Van Graan is ʼn dosent in forensiese rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit. Hy is ʼn skrywer en deeltydse musikant in die musiekgroep Pelican State.

Prys: R210,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.