Boek: ‘Justin Fortuin, seerower’ – Theresa van Baalen

Theresa van Baalen

Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel?

Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat in ʼn versteekte baai geanker is. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ʼn seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word? En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?

Oor die skrywer

Theresa van Baalen woon al vir bykans 30 jaar op Port Nolloth, maar het tydelik na Hermanus verhuis ter wille van haar jongste seun se hoërskoolloopbaan. Sy het op nege al besluit dat sy ’n skrywer gaan word. Dit het gebeur nadat sy Enid Blyton se The Secret Seven gelees het. Sy is al met ATKV-kinderboektoekennings vereer en het die Tienie Holloway-medalje vir haar eerste prenteboek ontvang. Sy bly graag kreatief besig met kuns en handwerk.

Prys: R175,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.