Boek: Justin Fortuin, skattejagter

Theresa van Baalen

Justin Fortuin het glad nie lus om die vakansie saam met sy ma by haar tannie Mary te kuier nie. Wat maak dit saak dat tannie Mary in ’n geheimsinnige ou kasteel by die see bly? Hy het ander vakansieplanne gehad.

Tannie Mary sorg egter vir opwinding toe sy vir Justin ’n pratende papegaai present gee. Hy vind gou uit dat Kaptein Kraakbeen nie sommer net ʼn papegaai is nie, en kort voor lank is hy pens en pootjies in ’n opwindende avontuur met baie raaisels en geheime.

Spook dit in Kasteel Boekanier? Sal Justin en sy vriend Liam die ou skeepskaptein se skat kan vind voor twee skelms dit doen?

Genre: Jeugfiksie
Ouderdom: 11 en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R160,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.