Boek: Jy het ‘n keuse

Jy het 'n Keuse 2deur Elizabeth George

Elke dag moet vroue honderde besluite neem. Watter strategieë kan hulle gebruik om die beste besluite te neem?

Nadat sy self vir jare hiermee geworstel het, bied Elizabeth George in Jy het ’n keuse riglyne om vroue te help om die beste moontlike besluite te neem.

Die riglyne wat Elizabeth bespreek, sluit in:

  • 7 stappe om te volg om besluite te neem
  • Begin die dag reg en hou prioriteite reg
  • Elimineer dinge wat jou tyd mors
  • Gee aandag aan kos en oefening vir meer energie
  • Stel doelwitte om dinge gedoen te kry
  • Beplan meer effektief en eindig goed

Elke hoofstuk bevat Bybelsgebaseerde riglyne wat vroue sal help met enige besluit. ʼn Bonus in hierdie boek is die Bybelleesplan en die studiegids agterin.

Die wenke in Jy het ’n keuse sal elke vrou help om meer produktief en geestelik geseën te voel.

Oor die Outeur:
Elizabeth Georgeis ’n topverkoper-outeur en meer as 7 miljoen eksemplare van haar boeke is al verkoop. Sy is ook gewild vir haar onderrig en ’n gesogte spreker by geleenthede vir Christenvroue. Elizabeth en haar man, Jim, is ouers en grootouers en staan al vir meer as 30 jaar in die bediening.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169-95*
Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.