Boek: Jy is kosbaar

Laura Dingman

Die mens is geskep om in verhoudings te leef, maar soveel mense voel ongeliefd en onseker van hulleself as gevolg van skaamte oor hulle verlede. Hulle is bang om hulle ware self te wys omdat hulle glo mense sal hulle dalk verstoot. Hoe kan hulle vol selfvertroue en vry van skaamte leef?

Jy is kosbaar is ʼn ses-week-Bybelstudie wat lesers help om juis dit te doen. Laura Dingman lei lesers om hulle ware identiteit in Christus te ontsluit, bo hulle beperkings uit te styg en vol selfvertroue in God op te staan sodat hulle eerlik met God en ander mense kan omgaan.

Elke week begin met ʼn inleiding, gevolg deur vyf studies wat meer uitbrei oor die week se tema. Dit is gegrondves in die Woord met genoeg ruimte vir persoonlike notas. Jy is kosbaar lei jou op ’n persoonlike reis van transformasie deur God se Woord.

Oor die outeur

Laura Dingman lei aanbiddingsgeleenthede om mense te help om nader aan God te kom. Sy het vir meer as ʼn dekade leiding geneem as die direkteur van kuns by The Creek (ʼn groot kerkgroep in Indianapolis) se vakansie­bedienings.

Dingman is die outeur van Life Rhythms: Learning to Live in God-Centered Time en I Am Found: Quitting the Game of Hide and Seek with God, Ourselves, and Others. Lees meer oor Dingman op www.lauradingman.com.

Uitgewer: CUM Boeke
Prys: R190,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.