Boek: Jy is kosbaarder as korale

Kosbaarder_as_korale.jpgKaren Moore

Vir elke vrou wat wonder oor haar waarde, het Karen Moore goeie nuus: Jy is vir God kosbaarder as korale!

Wanneer ’n vrou nadink oor die waarde wat sy in die wêreld het, dink sy dalk aan haar finansiële wel-stand of haar waarde vir ’n maatskappy in terme van die werk wat sy doen, of haar waarde vir haar gesin. Jy is kosbaarder as korale kom bevestig: Die grootste waarde gaan nie oor wat ander mense van ’n vrou dink of wat sy vir ’n lewe doen nie. ’n Vrou se grootste waarde lê daarin om te weet dat God haar liefhet en dat Hy heeltyd aan haar dink. En as God heeltyd aan ’n mens dink, stel jou voor hoe kosbaar jy dan vir Hom moet wees.

Die 366 volkleur-oordenkings in Jy is kosbaarder as korale sal elke vrou opnuut herinner aan haar waar-de voor God – dat sy onmeetlik kosbaar is vir Hom.

Oor die outeur:

Karen Moore het al meer as 60 boeke vir volwassenes en kinders geskryf. Sy het ’n MA in Opvoedkunde en is ook ’n onderwyser, spreker en ma van drie volwasse kinders. Karen woon tans in Florida, VSA.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R149.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.