Nina Smit
Soos lesers deur Nina Smit se dagboek Jy is Myne lees, sal hulle voel hoe God hulle daagliks omvou met sy onbeskryflike groot liefde.
Die 366 dagstukke sal lesers op ’n reis neem waar hulle kan juig oor genade, en bemoediging kan kry in swaarkrytye by die Een aan wie hulle behoort.
Die handige Skrifindeks sorg ook vir maklike naslaan.
Lesers sal elke dag God se koesterende liefde ervaar wanneer hulle Jy is Myne deel van hul daaglikse stiltetye maak.
Oor die outeur:
Nina Smit is die gewilde skrywer van verskeie topverkoper-boeke. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en is ook trotse grootouers.