Boek: Jy kan ‘n verskil maak

ja kandeur Stephan Joubert

God roep nie bekwame mense nie, Hy bekwaam die mense wat Hy roep. In Jy kan ʼn verskil maak kom sê Stephan Joubert vir elkeen: Dis nie so moeilik om ʼn dissipel van Jesus te wees nie. Skud af daardie vooropgestelde idees wat jy het oor vir die Here “werk” en gaan lééf vir Hom.

Stephan Joubert kyk in hierdie boek na die dinge wat mense terughou terwyl dit eintlik binne hul vermoë is om ’n verskil te maak in ander se lewens.

Bekendes soos Lindie Strydom, Liesel Krause-Wiid en Tom Smith deel hul getuienisse oor hoe ingrypend hul perspektief op dissipelskap verruim is deur net toe te laat dat God deur hulle werk.

Jy kan ʼnverskil maak is vir almal wat die behoefte het om sonder skuldgevoelens en geestelike ʼn verskil te maak in die wêreld.

Oor die outeur:
Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en is ook redakteur van ’n groot e-kerk op die internet. Hy is getroud met Marietjie en het twee dogters, Tarien en Elani.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R129-95*
Prys onderhewig aan verandering

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.