Boek: ‘Jy sê, ek sê, ons sê’ – Marita van der Vyver

Saamgestel deur Marita van der Vyver

Jy sê, ek sê, ons sê bevat ʼn versameling verse wat deur hoërskoolleerders geskryf is. Marita van der Vyver, bekroonde skrywer van onder meer Al wat ek weet, het leerders tydens die skryfproses begelei.

Voorbeeld uit die bundel:
Is jy regtig lief vir my?
Want jy’t nog tyd om rond te gly
Is jy regtig lief vir my?
Want jy laat my keer op keer seerkry
Is jy regtig lief vir my?
Just let me know and I’ll let you stay.

Oor die samesteller

Benewens haar gewilde boeke vir volwasse lesers is Van der Vyver ook ʼn bekroonde kinderboekskrywer. Haar jeugroman, Al wat ek weet, het die kykNET-Rapport Boekpryse in die rolprentkategorie gewen en was ’n finalis vir die South African Literary Awards (Sala) se eerste toekenning van ’n kinderboekprys. Van den Vyver woon op die Franse platteland saam met haar man, Alain. Hulle het drie seuns en ’n dogter.

Prys: R155,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.