Boek: ‘Kaap’ – Hans Pienaar

Hans Pienaar

Die hoofkarakter, Marnus, is ʼn ondersoekende joernalis, ʼn libtard met struggle credentials, hoewel een van die karakters tereg opmerk dat “geen witmens struggle credentials het nie”. In sy jeug het hy ʼn beweging op die been gebring om teen diensplig te agiteer en toe gesê as die toekomstige ANC-bewind nie uitwerk nie, sal hy en sy vriende maar die Kaap afstig en daar gaan woon. Daardie uiting kom byt hom aan die hakskeen en plaas hom jare later in die visier van ʼn paar groepe, soos die Intelligensiediens, die Suidlanders en groepe met verwante maar meer gematigde oogmerke.

Op ʼn meer persoonlike vlak betrek dit die dinamika en verhoudings tussen die karakters; jare lange vriendskappe, verraad, ontrou en ware liefde, met humor en hart.

Kaap is deur Hans Pienaar geskryf en het pas by Protea Boekhuis verskyn.

Oor die skrywer

Pienaar is ʼn skrywer in verskillende genres: Poësie, prosa, drama en ondersoekende joernalistiek, in Afrikaans en Engels. Hy het sy digbundels meestal self uitgegee en veral die eerste, Die taal van voëls, het aandag getrek. Sy roman Die Generaal het die tweede prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd gewen en is deur hulle uitgegee. Sy boek Die derde oorlog teen Mapoch, ʼn ondersoek na die staat se geheime oorloë teen die Ndebele, het in 1992 die Rapport-prys vir nie-fiksie verower.

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.