Boek: Kaarte

Aleksandra Mizielińska en Daniel Mizieliński

Hierdie kaartboek is veel meer as ʼn gewone atlas – dit is ʼn visuele fees vir lesers van alle ouderdomme, ryklik versier deur die bekende Mizielinskis. Ontdek grense, stede, riviere en bergpieke, maar ook geskiedkundige plekke, ikoniese mense, belangrike plante en diere, kulturele gebeurtenisse en baie ander fassinerende feite wat met die verskillende plekke op ons planeet geassosieer word.

Kaarte is sover verkoop aan 36 taalgroepe met ʼn totale drukoplaag van meer as drie miljoen kopieë.

Oor die illustreerder en ontwerper

Aleksandra Mizielińska en Daniel Mizieliński (al twee gebore in 1982) is grafiese ontwerpers en skrywers van kinderboeke, gegradueerdes van die Warskou Akademie van Beeldende Kunste. Die werk van hierdie duo word dikwels geassosieer met die rewolusie van die Poolse kinderboekmark.

Hulle kragtige styl word gevind van strokiesprente en karikatuur en hulle spesialiteit is ensiklopediese kinderboeke – met uitermatige versameling van kennis, in visueel aantreklike styl. Hulle boeke soos. H.O.U.S.E, What Will Become of You?, the Welcome to Mamoko-reeks, Maps en Under Earth, Under Water, is in meer as dertig lande gepubliseer.

Hulle het verskeie toekennings ontvang vir hulle boeke en webblaaie, insluitend die invloedryke internasionale Bologna Ragazzi Toekenning (2010), die Franse Prix Sorcières (2013) en die Italiaanse Premio Andersen (2013).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R350,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.