Boek: Kalmte in die malle gejaag

kalmte in die malle gejaagJohannes de Villiers

Jy wil asem skep en die mooi dinge raaksien. Maar soms raak die lewe  dol en jy erg gestres. Bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan mens help om met nuwe oë na die wêreld te kyk. Johannes de Villiers vertel die stories van gewone mense wat geleer het hoe om beter interpersoonlike verhoudings te hê, ‘n positiewe bydrae tot die wêreld te maak, hul woede en stres beter te bestuur en die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – raak te sien. Dit kan ook jou storie wees.

Oor die outeur

Johannes de Villiers is ’n senior verslaggewer by Rapport, en hy skryf ook gereeld artikels vir Die BurgerBY en Rooi Rose.  Sy belangstelling in die bonatuurlike is so groot dat hy homself ’n  paranormale speurder noem – en dié speurvernuf en fassinasie kom uit in sy navorsing vir hierdie boek.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R260,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.