Boek: ‘Kambrokind’ – FA Venter

FA Venter

In Kambrokind deel FA Venter jeugherinneringe van sy voorskoolse jare tot op universiteit. Op boeiende wyse vertel Venter hoe hy die Karoo se sagte én harde kant leer ken. Hy kon homself wees in die veld en sy gedagtes vrye teuels gee, maar hy het ook die wreedheid van droogtes en siektes en die lang trekpad met skaap na beter weiding ervaar.

Op skool het sekere onderwysers hom ontvanklik gemaak vir die wêreld van boeke en oordenking en het dit hom gedryf om hard te werk sodat hy met ’n studielening en twee pakke klere aan die Universiteit Stellenbosch kon gaan studeer.

Oor die skrywer

Francois Alwyn (Frans) Venter (1916-1997) is op 27 November 1916 in Hopetown gebore. Hy studeer letterkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Venter is veral bekend vir sy tetralogie oor die Groot Trek: Geknelde land (1960), Offerland (1963), Gelofteland (1966) en Bedoelde land (1968).

In 1961 ontvang Venter die Hertzogprys vir Geknelde land (1960) en Swart pelgrim (1952, in 1958 hersien). Hy het ook die Andrew Murray-prys ontvang vir sy outobiografie Die keer toe ek my naam vergeet het. Venter is in 1997 oorlede.

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.