Boek: Kamee

kameeRoela Hattingh

Met Kamee maak Hattingh haar debuut as kortverhaalskrywer. Die 24 verhale in hierdie bundel fokus op sentrale temas soos verlange, verlies, liefde en begeerte, wraak en menslike broosheid. Hattingh is veral geïnteresseerd in aspekte uit die ervaringswêreld van vroue, en daarom tref die leser dikwels vroue as sprekers en protagoniste aan.

Nietemin vind Hattingh se belesenheid en navorsing neerslag in uiteenlopende situasies en vertellerstemme. Die titel (in Engels: “cameo”) simboliseer verlies, herinnering en verewiging.

’n Waardevolle toevoeging tot die Afrikaanse kortverhaaltradisie in die styl van Henriette Grové en Elise Muller.

Oor die outeur:
Roela Hattingh is ’n kopieskrywer en strateeg by Flow Communications. Sy was voorheen dosent in kopieskryf en kreatiewe proses aan die Vega School of Brand Leadership, AAA School of Advertising en die Universiteit van Johannesburg. In 2014 het sy ’n beurs van NB-Uitgewers gewen vir haar kreatiewe boek wat sy vir haar Magister-graad aan die Universiteit van Pretoria geskryf het. Haar verhandeling fokus op die werk van Etienne van Heerden. Sy is die outeur van akademiese artikels, en is reeds bekroon met verskeie Pendorings en Loeries. Hattingh skryf vryskutkopie, maak kunstenaarsboeke, en bied kreatiwiteits- en skrywerswerkswinkels aan.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R175-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.