Boek: Kamp is nie vir sissies nie

Nerine Ahlers

Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan –  en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, het ʼn siekte wat aansteeklik lyk en die dokter het gesê hulle mag nie naby haar kom nie. Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien die vriende iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks nie, maar sê nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel…

Kamp is nie vir sissies nie!

Die Rietrotte en die stropers is die vierde boek in Nerine Ahlers se Rietrotte-reeks. Dit volg op Die Rietrotte van Rietvallei Hoër, Die Rietrotte en die rowers en Die Rietrotte en die raaisel. Dit is geskik vir kinders van gr. 6 tot 8.

Oor die skrywer

Nerine Ahlers het matrikuleer aan die Hoërskool Menlopark en verder studeer aan die Universiteit van Pretoria waar sy ’n meestersgraad behaal het. As gekwalifiseerde taalonderwyseres het sy Frans vir hoërskoolleerders gegee.

Ahlers is die skrywer van Onkant en Losprys in Parys en medeskrywer van Liefde is…, Ek en jy, Weg en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is… en Selfone, skelms en sjokolade ontvang albei ATKV-Kinderboektoekennings.

Ahlers skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.

Prys: R160,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en by
Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.