Boek: Karatekas #1: Vriende en verraad

9781432304119 Karatekas Vriende en Verraad - Anzil Kulsen HR

Anzil Kulsen

Die eerste reeks:
Warren en Divan is, vandat hulle kan onthou, al vriende. Dan begin Divan karate doen, en nie lank daarna nie sluit Warren ook by die karate-klub aan. Maar die einste karate is besig om hulle vriendskap te belemmer. Hulle vertrou mekaar skielik nie meer nie. Om sake te kompliseer, sluit Kyla by hulle dojo aan. Die twee vriende verstaan haar
glad nie: ’n meisie wat ewe goed ballet doen as karate-skoppe uitvoer? Gaan hulle vriendskap die karate en Kyla oorleef?

Die boek: Vriende en verraad
Warren het in die laaste kampioenskappe die beste in die dojo gevaar. Hy ontdek dat sy beste vriend, Divan, wat al ’n rooi gordel het, bedreig voel deur hom. Die verhouding tussen hulle word ingewikkeld toe Warren deur die sensei opgehemel word voor die groot kampioenskap in Durban. Warren vind uit dat sy ma nie genoeg geld het om die inskrywingsgeld te betaal nie. Hy wil sterf van teleurstelling. Kyla bring al meer tyd met Warren deur en hy vertrou Divan al minder.

  • Jong lesers sal met die karakters en die dinge waarmee hulle hulle besig hou, kan identifiseer.
  • Vriendskap is ’n baie belangrike kwessie vir kinders in die laerskool.
  • Die reeks vul ’n gaping in die Afrikaanse kinderboekmark omdat daar min boeke met sport
    as tema bestaan.
  • Die illustrasies is volgens ’n kindervriendelike styl geskets.

Oor die outeur:
Anzil Kulsen is ’n bekende jeugboekskrywer van Upington. Van haar debuutroman vir tieners, Zita, het meer as 20 000 boeke verkoop. Sy publiseer gereeld in tydskrifte en is passievol oor lees en kinders.

Oor die illustreerder:
Alinde Lombaard slaag met haar sketse soos dié van suksesvolle strokiesboeke en bevorder die drama en humor van die storie.

Uitgewer: Penguin Random House (Struik Kinders)
Prys: R60-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.