Boek: Karoo

Louis Botha

In sy tweede fotoboek, Karoo, sit Louis Botha sy verkenning van die rykdom, kwesbaarheid en kompleksiteit van die Karoo en haar mense voort.

Sy eerste boek, Slow down, look again…, was ʼn aangrypende versameling portretfoto’s wat die alledaagse omge­wings van die inwoners van Noordeinde – ʼn woongebied buite Prins Albert – vasgevang het. Dié foto’s is tussen 2012 en 2015 met ʼn ou Hasselblad-filmkamera uit die jare vyftig geneem.

Die beelde in Karoo is oor ʼn langer tydperk van 15 jaar – tussen 2003 en 2017 – geneem waarin Louis (en sy hond Raphael) die streek deurkruis het om die stilte, spasie en tydloosheid van die gebied vas te vang. Die foto’s (ʼn rekord van die Karoo oor hierdie tyd) laat die kyker opnuut besef hoe kosbaar die streek is. Dié besonderse versameling – met ‘n voorwoord deur rubriekskrywer Wilhelm Jordaan en ʼn bydrae deur bekroonde skrywer Eben Venter – is ʼn wekroep aan elkeen om die unieke, broos landskap vir die nageslag te bewaar.

Oor die fotograaf

Louis Botha is in 1955 in Bloemfontein gebore en het op ʼn klein­hoewe buite Pretoria grootgeword. Hoewel hy ʼn kwalifikasie in die finansiële bedryf verwerf en vir etlike jare in die korporatiewe omge­wing gewerk het, het sy vrou, Mariana, hom op sy 40ste verjaardag aangemoedig om sy stokperdjie ernstig te beoefen. Hulle het die stad verlaat en hulle op Prins Albert gevestig waar Louis se werk perma­nent in die dorpie se galery uitgestal word. Louis bied ook fotografie-werkswinkels aan. Die Karoo is Louis se inspirasie, studio en tuiste.

Vir bestellings, kontak Botha by [email protected]
Prys: R690,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charles ·

Is die boek in Afrikaans beskikbaar? (indien wel, sal ek dit aankoop, indien nie, nie)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.