Boek: Kat se blad

Philip de Vos

ʼn Versameling stuitige strokies deur Philip de Vos en Piet Grobler wat die wildste, stoutste verwagtinge oortref. Dit het oorspronklik telkens op De Kat se agterblad verskyn.

Oor die outeur

Philip de Vos is ʼn bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met ʼn KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ʼn ieder en ʼn elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ʼn mier met opset doodgetrap nie.

Oor die illustreerder

Piet Grobler is ʼn bekroonde illustreerder wat met sy kunswerke stories vertel. Hy het al meer as 80 boeke geïllustreer en illustrasiewerk vir verskeie tydskrifte en koerante gedoen insluitende Sunday Times, De Kat, Insig, Sarie en Taalgenoot. Hy was senior dosent en kursusleier in Illustrasie aan die Universiteit van Worcester in England.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R170,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.