Boek: ‘Katastrofe ’ – De Wet Hugo

De Wet Hugo 

ʼn Katastrofe het Katjiesfontein getref!

Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor. Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in Laerskool Katedraal wat van Katalonië af kom. Maar skielik dink almal Leo was die dief. Hoe gaan hy sy onskuld bewys en vir Spiertier uitvang? En wie gaan die talentkompetisie wen?

Katastrofe is die jongste kinderboek uit De Wet Hugo se pen met illustrasies deur Martinus van Tee. Dit word deur NB-Uitgewers uitgegee.

Oor die skrywer

Hugo is ʼn laerskoolonderwyser en werk al vir meer as ʼn dekade by ʼn Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Hy kom oorspronklik van ʼn Bolandse wynplaas, maar noem Kleinmond deesdae sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gelewer vir bundels soos Rympies vir pikkies en peuters, Skrik op die lyfRympies vir kleintjies en kleuters en Skool is ʼn riller. Sy topverkoper-reeks, Grilgrypers, is uiters gewild by jong lesers.

Prys: R140,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Renet ·

Welgedaan!! As meer ouers net wil besef hoe belangrik dit is dat ons kinders moet lees!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.