Boek: Katstreke vir die kleinspan

Betsie Vos se Kattemaai-reeks is ideaal vir jong lesers wat graag fantasie- en avontuurverhale lees. Die boeke het pas by Lapa Uitgewers verskyn.

Kattemaai 1: Die bure se nuwe dogter

Die bure het ʼn nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel… Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur. Katastrofe!

Kattemaai 2: Annabel gaan skool toe  

Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ʼn regte dogtertjie te gedra? Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor? Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ʼn vuurhoutjie op die verkeerde plek…

Oor die skrywer

Vos is ʼn kluisenaar-skrywer wat ʼn dakwoonstel met Skapie, die kat, deel. Sy het ʼn groentetuin op haar balkon en sy brei gestreepte sokkies. Die ekstra wol sit sy uit vir die voëltjies om hul nessies mee te bou. Skapie is eintlik die een wat die stories uitdink. Betsie skryf dit net neer.

Prys: R135,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.