Boek: Kieme: Boosaardige bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse

Steve Mould

Ontmoet die bakterieë, virusse, ander kieme en mikrobes wat oral om ons is, maar te klein is om te sien. Ontdek hoe hulle ons en die wêreld aan die gang hou.

Wat het ʼn gloeiende seekat, ʼn groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van mikrobiologie! Hierdie fantastiese boek verduidelik waarom ons bakterieë nodig het en stel jong slimkoppe bekend aan virusse, fungusse, alge en protosoë.

Bakterieë is die belangrikste lewende organismes op aarde, 99 persent van hulle is nuttig, nie skadelik nie. Sonder bakterieë sou ons nie brood of kaas gehad het nie, en ons liggame sou nie kon werk soos dit moet nie. Mikrobes hou ons en ons wêreld op ʼn verrassende maniere aan die gang. Hierdie boek wys jou hoe dit gebeur – met fantastiese voorbeelde van mikrobiologie in aksie!

Die publikasie is ʼn prettige, leersame inleiding tot ʼn onderwerp wat kinders van aangesig tot aangesig met die wonderwêreld van ʼn piepklein wetenskap bring. Dit is vol verstommende foto’s, lawwe karakterillustrasies en hope prettige feite wat oud en jonk lekker sal laat gril. Jong wetenskaplikes sal hierdie boek oor mikrobiologie eenvoudig nie wil neersit nie.

Oor die outeur

Steve Mould (www.stevemould.com) is ʼn wetenskapaanbieder en komediant. Volg hom gerus op YouTube.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R140,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.