Boek: ‘Kies-jou-avontuur 3’ – De Wet Hugo

De Wet Hugo

Dieter is ʼn ware fliekvlooi. Maar gaan al sy fliekkennis hom help wanneer ʼn hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ʼn virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ʼn superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjies te vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen?

Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde is propvol avontuur en naelbyt-aksie! Dit is deur De Wet Hugo geskryf en die illustrasies is deur Johann Strauss.

Oor die skrywer

Hugo is ʼn laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by ʼn Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Hy kom oorspronklik van ʼn Bolandse wynplaas af, maar noem Kleinmond deesdae sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gelewer tot bundels soos Rympies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyfRympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is ʼn riller. Sy topverkoper-reeks, Grilgrypers, is uiters gewild onder jong lesers.

Oor die skrywer

Strauss het al vier ATKV-veertjies vir sy werk ontvang. Hy is ook in 2014 bekroon met die Media24-boekeprys vir In die land van Pamperlang. Strauss woon in Pretoria.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.