Boek: Kies liefde …

Kies_Liefde.jpgStormie Omartian

Om in elke situasie liefde aan ander te bewys, is ’n keuse. Maar voor dit kan gebeur, moet jy ook kies om God se liefde vir jóú te aanvaar. Dit is op hierdie liefdeskeuses wat Stormie Omartian fokus in Kies liefde …

Ander sien God die beste in gelowiges wanneer hulle God se liefde weerspieël. Maar om dit te doen moet God se kinders eers drie belangrike keuses maak. Dáárna sal hulle God se liefde effektief en daadwerklik kan uitdruk.

Die boek fokus op die drie liefdeskeuses wat gelowiges se lewens in liefde kan hul:

  1. Kies om God se liefde vir jou te aanvaar.
  2. Kies om jou liefde vir God uit te druk.
  3. Kies om ander lief te hê op ’n manier wat God sal behaag.

Kies liefde … gaan oor hierdie besluite en die beloning wat daarin opgesluit lê.

Oor die outeur:

Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 32 miljoen van haar boeke verkoop. Dit sluit The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir meer as 40 jaar getroud en het 2 volwasse kinders. www.stormieomartian.com

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R169,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.