Boek: Kill the Boer

Ernst Roets

Kill the Boer is ’n boek oor die wreedaardige werklikheid van plaasaanvalle in Suid-Afrika en hoe die Suid-Afrikaanse regering aandadig tot die krisis is. In die boek word daar aangevoer dat die Suid-Afrikaanse regering as aandadig beskou moet word weens ’n verskeidenheid van redes, insluitend sy deprioritisering van die krisis ten spyte daarvan dat dit vererger, negatiewe stereotipering van veral wit boere, romantisering van geweld teenoor boere, propaganda van haat vanaf politieke platforms, asook die veragting en bespotting van die slagoffers van hierdie aanvalle.

Oor die outeur:
Ernst Roets is ’n aktivis, prokureur en adjunk- uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum. Roets beywer hom sedert 2012 aktief vir die prioritisering van plaasaanvalle. Hy het ’n meestersgraad (cum laude) in publiekreg met ’n besondere fokus op minderheidsregte. Hy is tans ingeskryf vir sy doktorsgraad (LLD) oor dieselfde onderwerp.

Uitgewer: Kraal Uitgewers
Prys: R350-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R270-00*

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie ·

Stuur ‘n kopie aan die Wereldbank wat grond onteiening sonder vergoeding goedkeur.

Dereck Le Roux. ·

Dit is seker goed dat mense ingelig word deur middel van boeke maar wanneer gaan die dokumentere rolprent Tainted Heroes wat deur Afruforum gemaak is nou eendag die lig sien?

ChrisE ·

Baie kritiek vir mnr Roets op pad. Hennie, die video oor die wêreldbank is nie eg nie. Mense moet ophou om emosioneel te raak oor wat in die pers of die alternatiewe media rondgestuur word. Dit kan vir jou in baie groot moeilikheid laat beland.

Moeg ·

Kry die boek in pdf en epos dit reg oor die wereld dat mense dit kan lees en wakker word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.