Boek: Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?

André le Roux

In Kinders wat moor ondersoek André le Roux opspraakwekkende moorde, soos dié gepleeg deur Don Steenkamp, Henri van Breda, Phoenix Racing Cloud Theron en Morné Harmse (met sy swaard), en verskaf dan antwoorde aan die hand van gevallestudies en die jongste navorsing. Die Welkom-begraafplaasmoord, Nicolette en Hardus Lotter, die Waterkloof-4 en die onlangse geval van die Krugersdorp-moorde kom ook aan die beurt, sowel as jong moordenaars uit die verlede wat steeds onthou word, soos Marlene Lehnberg en Charmaine Phillips. Is dit swak gene, ouers (spesifiek die ma), sosiale media, die internet, videogeweld, boelies, portuurdruk, stres en dagga? Speel geestesgesondheid ʼn rol?

Oor die skrywer

Le Roux is ʼn gesoute joernalis wat by onder meer Beeld, Huisgenoot, en Die Burger gewerk het. Hy was jare lank eindredakteur by SARIE en is ʼn gewilde rubriekskrywer. Sy boeke sluit talle topverkopers in, soos Op die man af, Nou ja toe en Op die vrou af.

Genre: Niefiksie
Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R265,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.