Boek: Klein boekies, maar hope pret

Fanie Viljoen

Het jy geweet sonsondergange op Mars is blou, daar is ʼn sebra met kolle in plaas van strepe en dat aliens dalk regtig bestaan? Kinders kan al dié feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer. Die boekies is propvol interessante inligting oor spoke, mensegewoontes en daar is selfs een wat jou kind kan leer om towertoertjies te doen.

Die jongste boeke in die reeks is Die klein boek van nog fantastiese feite, Die klein boek van skrikwekkende spoke, Die klein boek van toweragtige toertjies en Die klein boek van grappige gewoontes. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.

Prys: R45,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.