Boek: Klein Plakpoppies: Katjies

Fiona Watt

’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal het en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel. Die boek is geskik vir dogters van drie jaar en ouer.

Oor die outeur

Fiona Watt het in 1980 by Usborne Uitgewers in Brittanje aangesluit. Sy het in 2003 ʼn redaksionele direkteur geword, hoofsaaklik verantwoordelik daarvoor om baba-, kuns- en aktiwiteitsboeke te skryf. Sy het al meer as 100 titels vir dié uitgewers geskep en was in 2008 op die kortlys as skrywer van die Galaxy-toekennings se kinderboek van die jaar.

Oor die illustreerder

Lizzie Mackay is ʼn ontwerper en illustreerder van Wes-Brittanje wat muurkuns, dekor, papierontwerpe, skryfbehoeftes en kinderboeke illustreer.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R120,00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zettie ·

As jong dogtertjie was dit vir my vreeslik lekker om met papierpoppe te speel. Dit was wonderlik om hulle met verskillende uitrustings uit te rus en ook my eie ontwerpe te maak. Dis goeie nuus om te sien dat dié kreatiwiteit weer met iets soortsgelyk aangewakker word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.