Helena J. F. Lochner
Kleuterland is ʼn pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ʼn reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters. Protea het dit weer publiseer in ʼn nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ʼn nuwe generasie bekend te stel.
Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, dié in die volgende drie stories uit vier lettes en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.
Oor die outeur
Helena J. F. Lochner, die bekende skrywer van kinderboeke, gebore in 1892 en die grootste gedeelte van haar lewe ’n onderwyseres, is reeds in 1951 oorlede. Danie Botha het by geleentheid na haar verwys as “Afrikaans se Hans Christian Andersen”. Sy het ook die meeste van haar eie boeke illustreer.
Oor die illustreerder
Alida Bothma het ʼn diploma in Grafiese Ontwerp by die Kunsskool van die Kaapse Technikon verwerf. Sy het in 1979 internasionale blootstelling verkry met ʼn waterverfuitstalling in Duitsland saam met ander SA kunstenaars soos Walter Battiss, Maud Sumner, Adolph Jentsch en Andrew Verster. In 1980 het sy begin kinderboeke illustreer en het reeds aan 150 boeke gewerk as illustreerder.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R185,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke