Boek: ‘Klinkklaar’ – Daniel Hugo

Daniel Hugo

Geslepe, fyn afgeronde verse van ʼn woordsmid wat slim speel met klank, taal, beelde en verwagtinge. Op toeganklike, klankryke wyse ontgin Daniel Hugo verskillende temas – verblyf in die Lae lande, die liefde, die seisoene, die natuur, die dood, die skryfproses, die taal waarin hy skryf, die pandemie wat ons tans ervaar, die rol van die digter – op speelse wyse en sonder om te skroom om met homself die draak te steek. Enkele verbluffende vertalings van klassieke gedigte vul dit aan.

Oor die skrywer

Hugo het Afrikaanse en Nederlandse letterkunde studeer aan die universiteite Stellenbosch, Pretoria, Vrystaat en Leuven. In 1989 word ʼn DLitt aan hom toegeken vir ʼn proefskrif oor die vernufpoësie in Afrikaans. Hy was ʼn literêre programmaker by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK en is tans ʼn voltydse vertaler en digter. Sy jongste digbundel, Openbare domein, het in 2018 verskyn. Hugo het reeds meer as 50 boeke uit Nederlands en Engels vertaal. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het hom twee keer bekroon vir sy vertalings uit Nederlands, naamlik vir Tom Lanoye se Sprakeloos en Stefan Hertmans se Oorlog en terpentyn.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by
Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.