Boek: Kom hier dat ek jou soen

Griet Op de Beeck

Die Vlaamse skrywer Griet Op de Beeck se roman van 2014, Kom hier dat ik u kus, is pas deur Protea uitgegee in vertaalde vorm. Die vertaling in Afrikaans is deur Christine Barkhuizen-le Roux.

Kom hier dat ek jou soen is ’n roman oor Mona – as kind, as 24-jarige, en as 35-jarige. ’n Verhaal oor waarom ons word wie ons is, geskryf met humor en skaamtelose eerlikheid. Oor ouers en kinders. Oor stukkende mense en hoe hulle ook ander mense onbedoeld verwond. Oor waar verantwoordelikheid eindig en skuld begin. Oor geheime en eensaamheid. Oor siekte en stilbly. Oor die gevare van sterk wees. Oor vergeet en nie kan vergeet nie. Oor jouself durf red. En natuurlik ook oor die liefde. Omdat dit al is wat ons het, of byna.

Oor die outeur

Griet Op de Beeck is in 1973 gebore en woon in België. Sy het die literêre wêreld op sy kop gekeer met haar debuut Vele hemels boven de zevende. Haar werk is onder meer in Duits en Frans vertaal. Kom hier dat ik uw kus, is entoesiasties deur lesers in Nederland en België ontvang en is ook in Engels vertaal. Die rolprentweergawe verskyn later vanjaar.

Oor die vertaler

Christine Barkhuizen-le Roux is ’n gewilde skrywer van romans, kortverhale en poësie. Sy is ook die vertaler van Die buitekant van meneer Jules deur Diane van Broeckhoven en Ingrid van der Veken se Papawers, wat in 2010 verskyn het.

Genre: Fiksie
Uitgewer: Protea Boekhuis

Prys: R295-00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.