Boek: Kom ons bou 3D-modelle

kom ons bou 3d modelle

Brenda Apsley

Kom ons bou 3D-modelle: Wilde diere by die watergat
Wie gaan eerste by die watergat wees om af te koel? Apie swaai deur die takke en Olifant beur ’n pad oop deur die bos. Leeu stap oor die skerp klippe langs die rivier en Sebra hardloop oor die grasvlakte. Wie gaan wen? Bou 3D-modelle van Olifant, Apie, Leeu en Sebra uit stewige karton, en lees dan hoe hulle by die watergat gekom het. Gebruik ook jou modelle om ’n lekker speletjie te speel!

Kom ons bou 3D modelle: Plaasdiere in die skuur
Wie gaan eerste by die groot rooi skuur wees om Boer se nuwe trekker te sien? Ponie dink hy ken die beste pad, maar Skapie ken ‘n kortpad deur die veld. Varkie hardloop deur die modder en Koei stap oor die brug. Wie gaan wen? Bou 3D-modelle van Varkie, Skapie, Koei en Ponie uit stewige karton, en lees dan hoe hulle by die skuur gekom het. Op die laaste bladsy kan jy jou dieremodelle gebruik om ’n lekker bordspeletjie te speel!

Oor die outeur:
Brenda Apsley is ’n ervare skrywer en redakteur wat in alle aspekte van die uitgee proses betrokke is. Haar kinderboek reekse is veelsoortig en sluit eerste boeke vir babas, leersame materiaal vir jong leerders, bad-, plakker-, snuistery-, skoonveë- en storieboeke in asook gelisensieërde jaarboeke en tiener romans. Al hierdie reekse het effektiewe kommunikasie en inspirerende idees in gemeen.

Klik hier om Wilde diere by die watergat te koop
Klik hier om Plaasdiere in die skuur te koop
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R145-00* (elk)
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.