Boek: Kom sit aan

Rudi Swanepoel

Kan eet teruggeëis word as heilige daad?

Hedendaagse verbruikerskultuur minag die ontasbare en maak ʼn bespotting van die geringe. Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig te lewe by die etenstafel.

Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie jy eet, besef dat iets moes sterf vir daardie stuk vleis om op jou bord te beland. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God.

Oor die outeur

Rudi Swanepoel is ʼn predikant by NG Gemeente Andrew Murray in Johannesburg. Hy is passievol oor kosmaak en gasvry wees. Ná matriek begin studeer Rudi teologie aan die Universiteit van Pretoria, maar hy onderbreek sy studies vir drie jaar om as kopieskrywer in die advertensiebedryf te werk. Hy voltooi later sy teologiese opleiding by Stellenbosch Universiteit en word ʼn predikant in die NG Kerk. Die afgelope nege jaar is Johannesburg sy tuiste, waar hy sy lewe deel met Carina (ʼn fisioterapeut) en hulle vier kinders.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R195,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.