André Krüger
Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor. Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugtering van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in. ’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf . . .
Oor die outeur:
André Krüger is op 6 Desember 1963 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1981 aan die Hoërskool Florida. Hy studeer aan die destydse R.A.U. en verwerf vier grade: BA (Regte), BA Honneurs (Filosofie), MA (Filosofie) en B. Proc. In 1999 kwalifiseer hy en word toegelaat as prokureur. Hy praktiseer as sulks tot sy waansin uitgewoed is in 2005, toe hy sy eie praktyk sluit en die boekhandel betree. Tans is hy mede-eienaar van ’n sonderlinge tweedehandse boekwinkel in Irene, waar hy interessante, versamelbare en antikwariese boeke verkoop. In 2013 ontvang hy die UJ-debuutprys vir sy eerste roman, Die twee lewens van Dieter Ondracek.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R240,00*
*Prys onderhewig aan verandering