Boek: Komplot

Komplot finale omslag

André Krüger

Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor. Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugtering van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in. ’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf…

Oor die outeur:
André Krüger is op 6 Desember 1963 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1981 aan die Hoërskool Florida. Hy studeer aan die destydse R.A.U. en verwerf ‘n B.A. (Regte) graad in 1989, ‘n B.A. Honneurs (Filosofie) graad in 1990, ‘n M.A. (Filosofie) graad in 1993 en ‘n B. Proc. graad in 1996. In 1999 kwalifiseer hy en word toegelaat as prokureur. Hy praktiseer as sulks tot sy waansin uitgewoed is in 2005, toe hy sy eie praktyk sluit en die boekhandel betree. Tans is hy mede-eienaar van ‘n sonderlinge tweedehandse boekwinkel in Irene, waar hy interessante, versamelbare en antikwariese boeke verkoop.

Klik hier om die boek te koop.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R240-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae