[Boek] Koms van die motman

Koms-van-die-motmanChris Karsten

Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky.

In dié slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis met die leser. Wie ís die moordenaar, en waarom huiwer die Nommers-bendemitologie deurgaans soos ’n skaduwee op die rand van die
verhaal?

Oor die outeur

Karsten is ’n bekroonde skrywer en voormalige joernalis wat in Kanada woon. Koms van die motman is die derde in die nuwe Ella Neser-reeks. Die voriges sluit in Die dood van ’n goeie vrou en Die verdwyning van Billy Katz. Albei romans is benoem vir die ATKV-prys vir die beste spanningsroman, en Billy Katz ook vir die ATKV-prys vir die beste roman.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R290.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Neels Van Rooyen ·

Uiteindelik nog ‘n boek van Chris!!!! Saam met Deon Meyer is Chris Karsten ook seker dié beste skrywers. Hulle skryfstyl boei jou van begin tot einde. Soveel so dat ek sy boeke vinnig klaar lees en dan bitter spyt is ek het dit wel so vinnig gelees :-)
Sommer vir die pret lees en soms die boeke meer as eenkeer.
Baie geluk Chris!!!

Mentz Karsten ·

Dankie my boet, sien uit daarna om hom te lees, glo dit sal weereens topklas wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.