Boek: Koningin Lear

Tom Lanoye, vertaal deur Antjie Krog

Koningin Lear is ʼn herverbeelding van William Shakespeare se King Lear deur die gevierde Vlaamse skrywer Tom Lanoye.

Elizabeth Lear het met die verloop van tyd haar klein besigheid opgebou tot ʼn internasionale sakeryk. Elisabeth kondig aan dat die besigheid tussen haar drie seuns verdeel sal word en sy eis dat haar seuns onder eed hul liefde en trou aan haar verklaar.

Haar jongste en geliefde seun weier en dit ontketen ʼn familietwis van reuse-omvang. Dit is ʼn verhaal van ʼn bejaarde sakevrou wat haar houvas op die werklikheid verloor, wat desperaat probeer om die storm wat om haar losgebars het te hanteer.

ʼn Epiese verhaal wat skerp kommentaar lewer op ʼn hedendaagse sakewêreld waarin integriteit en lojaliteit skaars kommoditeite geword het.

Dié stuk het onlangs op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gedebuteer, met Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellerman, Neels van Jaarsveld, Rolanda Marais, André Roothman, Wilhelm van der Walt, Edwin van der Walt en Matthew Stuurman.

Oor die outeur

Tom Lanoye is ʼn Belgiese skrywer, digter, joernalis, draaiboekskrywer, vertaler, kritikus en dramaturg. Hy is een van die wyds gelese en mees vereerde skrywers in Nederland en België en tree gereeld by al die groot Europese teaterfeeste op. Hy woon in Antwerpen en Kaapstad. Hy het verskeie pryse vir sy skryfwerk ontvang, waaronder die gesogte Goue Uil-letterkunde en -publiekpryse.

Oor die vertaler

Antjie Krog is ʼn wyd bekroonde skrywer, digter, vertaler en joernalis. Sy is sedert 2004 ʼn buitengewone professor in Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.