Boek: Koningskos vir kinders

Koningskos-vir-kinders-Voorblad.jpgHelen Schoër

Met jou baba se eerste happie babakos begin daar ’n noodsaaklike, lewenslange verhouding met kos. Elke ma wil graag hê dat dit ’n gesonde, genotvolle verhouding moet wees – van die eerste gladde purees, tot sagte kos met tekstuur, vingerkos en later peutervriendelike disse waaraan die hele gesin kan smul. Dié boek bied insiggewende voedingsriglyne, wenke, moets en moenies en 110 watertandresepte wat ma’s sal inspireer om self vir hulle kinders heilsame kos te maak. Die geure, smake, kleure en teksture uit Ma se kombuis is mos voorwaar koningskos.

Die voedingsfilosofie is om ma’s opgewonde te maak oor self kook vir Baba, en oor al die heerlike, gesonde dinge wat ’n baba kán en behoort te eet, in plaas daarvan om te hamer op lyste dinge wat nie geskik is nie. Die boek se hoofstukindeling fokus op: Eerste kos; 6 maande ; 9 maande; Vingerkos en Peutervriendelik.

Oor die outeur

Helen is al vir meer as agt jaar redakteur van Baba & Kleuter, SA se Afrikaanse ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot graad 0. Met ’n honneursgraad in joernalistiek van die Universiteit Stellenbosch in haar sak, het Helen haar loopbaan by koerante begin. Met die koms van haar kinders – Sophia is nou 12, en Emily 9 – was Helen bly om harde nuus te verruil vir leefstyljoernalistiek. Sy is passievol oor gesondheid en voeding, en lees resepteboeke soos ander mense fiksie lees. Helen se ander stokperdjies is joga en voetslaan.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R229,99*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.