Boek: ‘#kouekoffie’ – Carla Lang

Carla Lang

As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou.

Carla Lang se blog #kouekoffie het reeds meer as 15 000 volgelinge. Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.

Uit dié rubrieke het sy ʼn bundel, #kouekoffie, saamgestel wat onlangs by Protea verskyn het. Dit bied ʼn humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.

Oor die skrywer

Lang is ʼn toegelate prokureur en vryskutredakteur. Sy, haar man en hul twee kinders woon in Kenridge saam met hulle kat en twee honde.

Prys: R225,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by
Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.