Boek: Koukonap

Koukonap_30mmsp_2Johann Botha

Dit is die middel van die twintigste eeu. Net soos die Vaalrivier in vloed die dorpie Koukonap bedreig, bly die Fourie-gesin se lewens ook nie onaangeraak deur groter kragte nie.

Lood en Lenie het hulle teësinnig hier kom vestig. Daar is hul seun Dries, gedurig in sy kano die rivier aan’t verken, en sy twee broers. Ênie Malmok en Japie Tarentaal van die Breipaal-lokasie. Oupa Sarel, wat dalk net ʼn regte, egte Boereheld was. Die Davels oorkant die draad. Dik Dawid Daneel en Mank Manie Wolmarans en neef Boet Viljoen wat doedelsak speel in die kroeg… Die doen en late van gewone dog fassinerende mense, van die dorp se hoëlui tot die nagwadrywers, word met humor, begrip en soms snydende ironie ʼn werklikheid wat jou sal bybly.

Hierdie verrassende, veelkantige roman ontgin die Noord-Kaapse landskap en geskiedenis, en so ook die kringloop van die lewe. Koukonap rig aan die leser die uitdaging: Klim in die kano en roei saam. Maar wees gewaarsku – die stroom kan jou lei na ʼn maalkolk!

Oor die outeur:
Johann Botha het op Douglas skoolgegaan en aan die US studeer. Hy werk daarna as joernalis, dosent en bemarkingshoof van Nasionale Parke. Hy sluit sy loopbaan af by Die Burger. Met Koukonap onderbreek hy ʼn skryfstilte van byna twee dekades. Sy vroeë bundel verhale, getiteld Groot vyf, is met die Eugène Maraisprys bekroon.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R260-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Maroela-lesers kan die boek teen ‘n afslagprys by Graffiti Boeke aanskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.