Boek: Kragtige gebede- Hoe om die woord te bid

Kragtige gebededeur Arthur Odendaal

Hierdie boek vloei uit die behoeftes van gelowiges wat:

  • nie weet wat om te bid en
  • nie weet watter woorde om te gebruik nie.

In hierdie boek spel die skrywer die noodsaaklikheid van gebed uit. Hy skryf oor die voordele en krag en die positiewe uitwerking op die persoon wat gereeld en getrou gebede uit die Bybel bid. Arthur gee aan die leser ook goeie wenke oor hoe om hierdie gebede prakties uit te voer en te verpersoonlik en hoe om seën oor ander uit te spreek. Die boek sluit 27 gebedsonderwerpe in wat volgens behoeftes gerangskik is. Daar is ook ʼn nawoord wat handel oor die redes vir biddeloosheid, die stappe na gebed en waarom ons doelgerig moet bid. ʼn Paar voorbeelde van die behoeftes is:

  • Lofprysing.
  • Belydenis van oortredinge.
  • Here, verander my spraak.
  • Hou my op my pad.
  • Gebede vir die Kerk.
  • Gebede vir genesing.

Oor die outeur:
Arthur Odendaal is vir die afgelope ses jaar die predikant van ʼn AGS-gemeente in Rustenburg. Op twintig het God hom op ʼn bonatuurlike wyse tot die voltydse bediening geroep. Hy het sy studies by die AGS van Suid-Afrika, Aucklandpark, begin en het in 1986 in sy eerste bediening te Potchefstroom gestaan. Vandag is hy die trotse pa van Rhynhardt (23), Armin (22) en Simeon (8). Arthur se lidmate noem ook dikwels dat hulle nie altyd weet wat om te bid nie, watter woorde om te gebruik nie, en hoe om die skrif doeltreffend te memoriseer nie. Vandaar sy brandende passie om so ʼn werkstuk voort te bring. Hy sê hy is volkome tweetalig en die ware sin van die woord, preek vlot in beide tale, en memoriseer die Skrif in beide Afrikaans en Engels.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R120-00*
*prys onderhewig aan verandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.