[Boek] Krappie en die kroon

Krappie-Cartoon-lemon-yellowFanie Viljoen

Krappie is vir niks bang nie. Maar wanneer hy skarrel om ’n blink ding doer op die rotse te gaan ondersoek, word hy weggespoel in ’n wilde onderwater avontuur!

Die koning van die krewe se kroon is weg en Krappie is in groot moeilikheid. Gelukkig ontdek hy dat met ‘n bietjie vertroue in ander, vriendskap soms op onwaarskynlike plekke te vind is.

‘n Heerlike voorlees- en selfleesstorie deur die gewilde Fanie Viljoen.

Oor die outeur

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. In 1990 begin hy voltyds by Sanlam werk. Hy skryf in dié tyd in vir ’n deeltydse kursus in grafiese ontwerp en behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ’n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie aan Unisa.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R140.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.