Boek: Kreatiewe inkleurboek vir grootmense

inkleurboek’n Inkleurboek met ’n verskil. Waar inkleur gewoonlik ’n aktiwiteit is wat klein kindertjies ure lank besig kan hou, verskuif die fokus hier na ’n ander teikengroep – gespanne en bekommerde volwassenes. Behalwe dat inkleur stres verminder, span baie terapeute ook kunsterapie in. Dié prettige boek met sy 128 bladsye vol van die mooiste ontwerpe sorg vir ’n inkleurervaring wat jou nie net na ’n ander wêreld sal meevoer nie, maar ook die kreatiewe siel in jou na vore sal bring. Dis ’n wonderlike manier om die tyd te verwyl terwyl jy vir die kinders of die dokter wag – of sommer alleen by die huis vir jou daaglikse ek-tyd.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R125-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Naomi ·

Ek sal graag so n boek wil hê. En as ek dit geniet, sal ek beslis die woord versprei.

Sune van Heerden ·

Dagsê Belinda

Die boek sal by enige goeie boekhandelaar beskikbaar wees.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Cecile Slabbert ·

Ek is betrokke by ‘n huis vir bejaardes op die platteland. Die inwoners wil graag inkleur.
Van waar af kan ek die “Kreatiewe inkleurboek vir grootmense” of is daar uitgewers vanwaar ek dit kan bestel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.