Boek: Kwaai Uil en sy boom

Kerryn Ponter

Een oggend word ons gunsteling-uil wakker en sien dat die pragtige groen blare aan sy boom besig is om te verkleur. Hy het besef dit beteken herfs het aangebreek en hy was hartseer, maar geleidelik het hy agtergekom dat die ander voëls in die droë blare baljaar.

Met elke seisoen wat verbygegaan het, het hy agtergekom dat sy boom elke keer verander. Nie alleen het hy dit begin aanvaar nie, maar ook die waarde van die veranderinge verstaan en voordat hy hom kon kry, was die somer weer op pad.

Kwaai Uil en sy boom  stel die wisseling van seisoene vir jong kinders op ʼn aanskoulike manier voor – met die mooiste illustrasies. Dit is die derde titel in Kerryn Ponter se Kwaai Uil-reeks.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R70,00*’
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.